Advertorial Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Weereens doen Hoërskool Punt tradisie gestand deur puik uitslae vir 2021 te lewer.
Nieteenstaande Covid en die vele uitdagings wat dit gebied het, het die matrieks en personeel hul uiterste bes gegee om 'n sukses te maak van die 2021-akademiese jaar.
Baie geluk aan ons matriekgroep. Julle het julself skitterend van jul taak gekwyt.
Punt behaal 'n slaagsyfer van 98.5%. Wat vakgemiddeldes betref en die oes van onderskeidings was dit voorwaar 'n besonderse jaar.
Vanjaar behaal 26 kandidate 'n A-gemiddeld. In totaal het Hoërskool Punt se matrieks 260 vakonderskeidings behaal.
Voorwaar iets om op opreg trots te wees. Lucia Pauw is vanjaar die Top-kandidaat met 8 onderskeidings en 'n gemiddeld van 95%.
Hoërskool Punt is veral trots op die pragtige matriekvrystelling-syfer wat behaal is, nl. 90.45%. 'n Rekord vir Punt. Daar is min skole in die land wat dit kan nadoen.
Die volgende leerders behaal 'n A-gemiddeld.
Aan elke matrikulant wat sy of haar beste gelewer het wil ons baie geluk sê. Aan ons ouers baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en baie geluk met u kind se pragtige prestasies.
Aan elke personeellid van Hoërskool Punt. Dankie vir u harde werk en toewyding. Weereens vlieg u hoog. U harde werk en diens aan die gemeenskap word opreg waardeer en raakgesien.
Fotogalery: Hoërskool Punt trots op hul matrieks
Baie sterkte aan elke matrikulant vir jul toekomsplanne en studies. Hoërskool Punt hou jul dop. Maak ons trots.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'