Gaste is vriendelik ontvang met die heerlikste eetgoed en verfrissende koppies lafenis, waarna die oord se personeel belangstellendes op begeleide toere deur die verskillende behuisingsopsies, asook die siekeboeg geneem het.
Die oorweldigende hoeveelheid belangstelling, 502 persone om presies te wees, dui daarop dat die aanvraag na die tipe van oord beslis die aanbod oorskry en Mosselbaai omgewing kan met reg trots wees om so 'n pragtige oord in ons midde te hê.
Die selfsorg-huisies spog met die mooiste tuine.
Die ruim en luukse eetsaal.
FOTO'S: TERSIA MARAIS