Advertorial Gallery Video
MOSSELBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Vir 'n inkopie-ervaring duisend is daar net een adres om hierdie feesseisoen te onthou – die Hartenbos Gift Market, Hart & Bosch Village.
Die groot wit tent, sedert 2016 'n landmerk by die gholfbaan in Hartenbos tydens die Paas- en Kersvakansies, het nou 'n nuwe, opwindende tuiste gevind.
Volgens Judith Kemp wat die geskenkmark begin het, was dié skuif 'n bestiering. Die mark het so uitgebrei dat dit 'n groter perseel genoodsaak het. Tans beslaan die tent 1 100 vierkante meter en huisves 301 unieke stalletjies waar besoekers na hartelus kan inkopies doen. Uitstallers word van regoor die land uitgesoek en op een plek saamgebring. Daar word noukeurig gelet om duplisering te voorkom.
Hart & Bosch Village het 'n reuse parkeerarea. "Met die ander aktiwiteite wat ook hier aangebied word, is daar 'n speelplek vir kinders en ook aktiwiteite vir die manne, sodat die vroue hulle tyd kan vat om inkopies te doen."
Fotogalery: Hartenbos Gift Market
Die tent is so ingerig dat dit ruim genoeg is vir klante om te midde die Covid-19-pandemie, veilig inkopies met die nodige sosiale afstand te kan doen. Alle ander nodige maatreëls word ook streng nagevolg. Personeel wag klante by die ingang in om hulle te verwelkom, hande te ontsmet en temperatuur te meet.
Kyk 'n video hieronder
Die mark is daagliks vanaf 09:00-18:00 oop, tot en met 10 Januarie. Dit is slegs op Kersdag, 25 Desember toe.
"Die geskenkmark is 'n broodnodige inkomste vir baie van ons uitstallers wat 'n groot knou tydens die grendeltydperk weg het toe hulle nie aan markte kon deelneem nie. Ons ingang is wawyd oop vir besigheid. Kom besoek ons dus gerus en geniet 'n besonderse, veilige inkopie-ervaring in ons groot, wit tent," nooi Judith.
Vir meer inligting besoek Hartenbos Gift Market op Facebook of skakel 072 042 4255.
"Ons is wawydoop vir besigheid by ons nuwe adres, Hart & Bosch Village," nooi Judith Kemp van die Hartenbos Gift Market.
"Ons is wawydoop vir besigheid by ons nuwe adres, Hart & Bosch Village," nooi Judith Kemp van die Hartenbos Gift Market.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'