Die huidige verwikkelinge is verseker 'n warm punt van bespreking en almal wonder hoe die konstruksie vorder.
Na verwagting sal die tweede konstruksie fase teen einde November 100% voltooi wees, en in ag genome dat die volle duur van die konstruksie tot nog toe slegs 100 dae geneem het, sal die voltooiingsdatum sonder twyfel lag-lag gehaal word - net mooi betyds vir die besige skoolvakansie.
Eienaar Johannes Bisschoff is uiters tevrede met die vordering en praat met lof van Frik Wagenaar en Gavin Criswell van Mere Argitekte, die bouer, JC Joubert en die ander sub-kontrakteurs se werk.
Die OK MiniMark is amptelik vanaf Vrydag, 16 September volstoom aan die gang.
Die nuwe gebou is 'n argitektoniese meesterstuk en die publiek word hartlik uitgenooi om dié geriefswinkel, wat 24 uur oop is, te besoek. Produkpryse is werklik kompeterend - selfs gemeet teen groot afdelingswinkels - en ekstras soos lugtyd, koopkrag-eenhede en varsgebakte lekkernye is boonop beskikbaar.
Dis hoegenaamd nie nuus nie dat Shell Voorbaai Truckport 'n besprekingsagent is vir binnelandse busdienste en lugrederye soos Interkaap, Greyhound, Tuinroete Passasiersdiens, Cityliner, Langeberg Minibus-dienste, Mossbus, Translux, Bazbus, Kulula, SAL en 1Time. Besprekings kan by die kassiere in OK MiniMark gedoen word.
Kliënte-gerief eerste prioriteit
Die besprekings-afdeling spog ook met stylvolle sitplek om kliënte in gerief te ontvang.
Binne in die gebou is 'n OTM vir kliënte om veilig te gebruik. Besoekers word bederf met 'n hele rits parkeerplekke reg voor die gebou vir kliënte se gerief. Ruim, netjiese badkamers met 10 dames- en vier manstoilette en 'n badkamer vir gestremde persone sal beslis die nood verlig.
Moderne trappe lei na 'n ruim boonste verdieping waar stylvolle kantore vir personeel ingerig is.
Wat die diensstasie aanbetref, is hul Diesel-pryse waarskynlik steeds die beste in die dorp en die petroljoggies se flink diens is opvallend.
Johannes bedank die publiek vir hul geduld en lojale ondersteuning ten spyte van die ongerief wat met die konstruksie gepaardgaan.
Shell Voorbaai Truckport kan gekontak word by 044 695 1469.
Joslyn Vlotman, Danelle Whelan, Haidee Sias, Melany Weyers en Chantelle Koelman-Botha is die vriendelike gesigte wat u sal bystaan by Shell Voorbaai Truckport se OK MiniMark.