Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Die eerste gedagte as 'n mens Gozone, Hartenbos Seefront binnestap, is dat dit 'n silwerskoon waterfabriek is. Hierdie dinamiese onderneming is een van 90 plus winkels landwyd en spog met unieke prosesse wat hul in staat stel om 'n puik produk te lewer. Gozone se water is meer as net gesuiwer, maar geosoneer om alle onsuiwerhede te verwyder. Die produk is ook geremineraliseer en bevat drie keer meer suurstof.
Gozone se proses van omgekeerde osmose is waterbesparend. Dit behels dat hulle drie keer minder water vermors gedurende die suiweringsproses.
"Almal verkoop water, maar ons water is nie net anders omdat ons nie die standaard sisteem gebruik nie," sê mede-eienaar Derick Bantjes.
Gozone se produkte word in hoë kwaliteit plastiek verpak, maar hulle bied ook die opsie van glashouers. "Ons plastiekprodukte kan tot ses maande veilig gebruik word."
Hulle verskaf plaaslik produkte aan Jakkalsvlei Wynplaas, Pinnacle Point Leisure Rentals en gimnasium, asook verskeie gastehuise. Laerskool Hartenbos is ook 'n kliënt. Produkte is beskikbaar in stil-, asook vonkelwater en kan verpersoonlik word met 'n logo. Aflewering is beskikbaar, afhangend van hoeveelhede.
Gozone verskaf ys van die hoogste gehalte. Hulle verhuur en installeer ook waterhouers vir korporatiewe asook privaat gebruik.
"Ons beoog om die bestemming van keuse op die Tuinroete vir wateraankope te word. Hier kan ons kliënte presies sien wat hulle koop en ons vriendelike diens onderskei ons." Planne vir verdere uitbreiding is reeds in die kaarte.
Besoek Gozone vir al jou waterbehoeftes by die Hartenbos Seefront. Besigheidsure vanaf September is Maandag tot Saterdag 09:00-18:00 en Sondae 09:00-15:00 (buite seisoen). Binne seisoen, is hulle op vanaf 09:00-21:00. Alle publieke vakansiedae, 09:00-17:00, behalwe Goeie Vrydag en Kersdag. Vir meer inligting, kontak Marizaan (076 535 1619) of marizaan@gozone.biz
Gozone se produkte word in hoë kwaliteit plastiek verpak.
Besoek Gozone vir al jou waterbehoeftes by die Hartenbos Seefront.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'