Dr. Gustav Kamfer, 'n gebore Mosselbaaier wat feitlik in die praktyk groot geword het, het onlangs by die praktyk ingeskakel nadat hy sy studies voltooi en Dr Piet Kamfer kan nie meer trots op sy seun wees nie!!
Met die uitbreiding van die Danabaai praktyk het Dr Jacobs oorgegee aan Dr Middel om in Hartenbos voort te gaan. Die pasiënte moes nog steeds lank wag vir hulle afsprake, maar met die aankoms van ons vierde tandarts nl. Dr Gustav Kamfer, kan ons pasiënte gouer help en 'n beter nooddiens lewer. Ons praktyk het altyd iemand beskikbaar om te help met nood en die nommer is op ons antwoord masjien na-ure.
Die vriendelike ontvangs-personeel verseker dat pasiënte se afsprake seepglad verloop en die groot hoeveelheid rekors en boukhouding word professioneel deur die administratiewe personeel bygehou.
Die vestiging van Danabaai praktyk was 'n jarelange droom van Dr Kamfer en het in Februarie 2016 gerealiseer. Dr Jacobs het die praktyk op die been gebring en werk steeds daar. Die Danabaai kliniek is volledig toegerus en opgegradeer om die volgende te doen:
1. Algemene tandheelkundige prosedures.
2. Die meeste chirurgiese prosedures.
3. Digitale radiologie
4. Kunsgebitte.
Die mediese sentrum beskik oor 'n apteek en 'n mediese praktisyn Dr Quinton Ninaber.
