Die tema was ‘Groente: aanplant en onderhoud vir die huistuin’ en daar is lekker saamgesels en wenke uitgeruil tussen die aanbieders, Nico van Zyl van Starke Ayres en Christo Lubbe van Tuinroete Agri George en al die gaste.
Groot pryse was op die spel vir diegene wat die hoogste punte kon kry in 'n 'toets' wat al die gaste moes aflê. Die vrae is gebaseer op inligting en wenke wat gedurende die vorige 11 weke se praatjies uitgedeel is en Anne Kuhl het volpunte behaal en eerste prys gewen.
Tuinroete Agri bedank graag alle borge vir hulle ondersteuning en bydraes: Starke Ayres, Ever Grow, Outeniqua Tree Farm, Cape Care Products, Johnsons Clothing, Dulux en mnr. Kobus Kurney (clivia plante).
Aangesien almal nou meer tyd in die tuin wil spandeer is besluit om die weeklikse praatjies vir eers af te spit, maar as gevolg van die entoesiasme en pret wat almal uit die praatjies put, sal daar steeds elke maand vergader word. Kontak gerus vir Christo Lubbe of Sharon van Vught by Tuinroete Agri George by 044 801 4500. Al wat dit kos is bietjie tyd en baie gees!
Tuinroete Agri bedank alle partye betrokke en sien uit om die verhoudinge in die toekoms te versterk.

Van links is Nico Cloete (TRA Bemarking), Anne Kuhl (pryswenner), Nico van Zyl (Starke Ayres), Betsie Coetzee (pryswenner), Daniel van Schalkwyk (TRA George-takbestuurder) en voor is Christo Lubbe (TRA George Tuinbou).