Sponsored Content
BUSINESS NEWS - By die meeste sentrums vir ouerwordende persone is daar 'n waglys. Maar een van Adler's Nest se grootste pluspunte is dat die sentrum nie ‘n waglys het nie.
Adler’s Nest bied reeds vir die afgelope paar jaar hoë kwaliteit sorg en is ‘n ideale tuiste vir bejaarde persone wat verswak is, asook aan demensie en Alzheimer se siekte ly.
Mosselbaai se inwonersgetalle groei toenemend en by Adler's Nest kan inwoners dadelik met verblyf gehelp word, indien daar plek beskikbaar is en as gevolg van die feit dat daar nie 'n waglys sisteem gevolg word nie.
Adler's Nest baseer alles wat hulle doen op die kernbeginsels van aandag, liefde en erkenning.
Die sentrum bied ‘n veilige, vreedsame en stil omgewing aan alle inwoners. "Ons reëls is nie rigied nie, omdat ons wil hê die inwoners en enige besoekers moet so tuis as moontlik hier voel,” sê Hein Marx, die sentrum-eienaar.
Geleë in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal, bied Adler’s Nest gespesialiseerde sorg aan ‘n maksimum van 62 inwoners. Buiten verswaktesorg, is uitstekende mediese sorg 24 uur per dag ook beskikbaar.
Die oogmerk is om uiteindelik aan 100 inwoners versorging te bied. Die sentrum is in ‘n voortdurende proses van opgradering en verbetering. Gedurende die afgelope twee jaar is ‘n nuwe vleuel ook aangebou.
'n Deel van die jongste uitbreiding is ‘n nuwe kombuisfasiliteit en eetsaal.
“Dit is vir ons baie belangrik dat ‘n positiewe atmosfeer by Adler’s Nest moet heers.
Die aktiwiteitsprogram vir inwoners bied 'n groot verskeidenheid en sluit bingo, kaartspeel, danse, musiek, verf, inkleur, kleiwerk en buitelugaktiwiteite in.
Adler’s Nest ondersteun ook die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) deur ‘n palliatiewe sorgfasiliteit beskikbaar te stel, soos nodig.
- Kontak: Hein - 082 801 5399.
- Besoek: www.adlersnest.co.za
- E-pos: toesig@adlersnest.net en/of admin@adlersnest.net
Geleë in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal, bied Adler’s Nest gespesialiseerde sorg aan ‘n maksimum van 62 inwoners.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’