Advertorial
SAKENUUS - Baie mans sê dat hulle nie saam met hulle vroue sou kon werk nie, maar dr Ernie Hobbs glo die teendeel. Hy kan hom kwalik 'n ander kollega indink as sy vrou, dr Sanet Pretorius.
Drs Hobbs en Pretorius het in hulle vierde jaar begin uitgaan en is getroud in hul huisdoktersjaar. Vandag, 25 jaar later, werk hulle steeds saam.
As kollega beskryf hy haar as ten volle toegewyd aan pasiëntesorg. "Sy vat die werk huis toe en volg pasiënte na-ure op." Dr Pretorius is egter nie net loopbaangerig nie. As ma, is daar geen perke aan haar liefde en motivering vir haar drie kinders nie. Die toonbeeld van 'n gebalanseerde leefstyl, vind sy boonop tyd om saam met haar gesin na-ure gimnasium toe te gaan.
In Februarie vanjaar het dié twee dokters Bay-Med @ 14 geopen. "Ons bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning." Drs Hobbs en Pretorius doen eersdaags ook estetiese prosedures.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'