Die reeds voltooide skouhuis op die terrein dien as bemarkingskantoor vir die voltydse bemarker, Marinette Smith, wat deur die Rotariër Ontwikkelings Trust aangestel is. Marinette is al die afgelope 20 jaar betrokke by Rotariër-projekte en haar kundige agtergrond maak haar 'n aanwins vir die Fynbos Heights-oord se bemarking.
Die ontwikkeling, wat geleë is langs Pinnacle Point op pad na die Garden Route Casino, het al die potensiaal om hierdie die beste leefstyl oord in die land te maak.
Met die pragtige uitsig na Vleesbaai in die suide en omring deur natuurlike fynbos, met die Pinnacle Natuurreservaat as bure, kan die rustige natuur geniet word in veiligheid en met alle noodsaaklike dienste binne vyf kilometer. Die oord sal ook in die toekoms oor 'n volledig toegeruste siekeboeg beskik.
Daar is reeds huise wat in aanbou is en alle dienste soos omheining, straatligte, elektrisiteit en riool is aangesluit. Eie titeleenhede word verkoop en daar is 12 verskillende planne en tipes beskikbaar. Die koper mag sy eie keuse van afwerking ten opsigte van vloerbedekking, kaste, teëls en verfkleure maak.
Vir meer inligting kan Marinette Smith gekontak word by 082 890 5086 of kom besoek gerus ons kantore op die terrein.
Die ontwikkeling is op skou vanaf 11:00 tot 16:00 op die volgende dae: Sondag 27 Julie, Saterdag 2 Augustus en Sondag 3 Augustus. Ope-huis gedurende die week vanaf 28 Julie tot 1 Augustus tot 16:00.
Fynbos se voltooide skouhuis met twee huise weerskante in aanbou.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'