Sponsored Content
MOSSELBAAI NUUS - Twee sakeondernemings, twee eienaars, een huishouding - duidelik is dít deel van 'n resep vir dekades se sukses.
Foto First in Langeberg Mall en Bolt Man in Mosselbaai se middedorp vier vanjaar onderskeidelik hul 38ste en 30ste bestaansjare.
Dié twee se verbintenis met mekaar? Hul eienaars, Kolie Visser en Dini van Andel.
Foto First (Visser) en Bolt Man (Van Andel) se paaie het bymekaargekom toe hul eienaars in 2020 met mekaar getroud is.
Beide eienaars is dit eens, sedert die ondernemings se stigtings in 1988 en 1996 word daar nog altyd daarna gestreef om net die beste diens te lewer, en dieselfde geld natuurlik vir hul produkte se gehalte.
Foto First was daardie jare die eerste van sy soort in Mossselbaai en kon jou foto's binne 'n uur ontwikkel. Soos die rolletjies film minder geword het, het hulle met nuwe produkte aangepas. Vandag is die hoofproduk die druk en strek van groot canvas prints, met klante regoor die Suid-Kaap.
Foto First (Visser) en Bolt Man (Van Andel) se paaie het bymekaargekom toe hul eienaars in 2020 met mekaar getroud is.
En wat meer wil jy in 'n hardewarewinkel hê as een wat altyd dit wat jy nodig het, beskikbaar het? Van Andel sê by Bolt Man is hulle trots op die feit dat hulle rakke altyd vol is en hul pryse konstant.
Bekostigbare en betroubare diens en produkte is hier ononderhandelbaar.
Sonder 'n standvastige span in jou winkel sal dié sukses nie moontlik wees nie. Visser en Van Andel sê hulle onderskeie spanne het ongetwyfeld bygedra tot Foto First en Bolt Man se voorspoed oor die jare.
Dit, en dan natuurlik die klante se volgehoue en getroue ondersteuning, waarvoor hulle opreg dankbaar is.


‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’