Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Frikkie Swanepoel, alombekend as Swannie, het in 1999 Marine Maintenance vanuit sy motorhuis begin. Na sy afsterwe in 2016, het sy seuns Pieter en André, met die besigheid aangegaan en dit verder uitgebou.
Marine Maintenance spesialiseer in die onderhoud van alle staalwerk by visfabrieke en skuite op veral die Mosselbaai-hawe.
Hulle beskik oor die kennis en ervaring om die treilerbote in geheel te herstel en te wysig. Die broers se hande staan vir niks verkeerd nie en hulle het onlangs met trots ‘n visontskubber (descaler) vir ‘n visfabriek in Saldanha gebou.
Die volledig toegeruste werkswinkel in Voorbaai, is ook tot die beskikking van kundiges om metaalwerk soos byvoorbeeld die sny en buig van pype, teen ‘n tarief, op die perseel te kan kom doen.
F&A Scrap Metals word sedert Februarie 2018 ook deur die familie vanaf dieselfde perseel bedryf. Goeie markverwante pryse op alle metaalafval word per kilogram betaal. Verskeie metaalitems word ook te koop aangebied. Pieter en André kan ook skure en ander groot staalstrukture afbreek en die vervoer van skroot kan gereël word.
Of dit nou die afbreek van ‘n skuur is of die maak van ‘n hek, Marine Maintenance en F&A Scrap Metals se deure is oop om te help. Geen taak is te groot of te klein nie.
Besoek gerus die webtuiste by www.marinemaintenance.co.za of kontak Jacqui, die vrou agter die manne se sukses, by 044 692 0297.
Marine Maintenance spesialiseer in die onderhoud van alle staalwerk by visfabrieke en skuite op veral die Mosselbaai-hawe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'