Advertorial
MOSSELBAAI SAKE-NUUS - Wat kan beter nuus wees as om te weet dat jou gunsteling-apteek, waar jy jarelank al nie net betroubare diens kry nie, maar ook hegte vriendskapsbande opgebou het, nóg 'n gerieflik geleë tak geopen het?
Mosskem Apteek is al vir 28 jaar in bedryf in Hartenbos en hulle jongste tak, Viewkem het vandeesweek by die Super Spar, Bayview-sentrum in Da Nova geopen.
Volgens Francois Reyneke, wat reeds 13 jaar aan hierdie betroubare naam in die plaaslike aptekersbedryf verbonde is, bied Viewkem aan kliënte dieselfde vriendelike diens waaraan hulle reeds by die ander tak op Hartenbos gewoond geraak het.
"Ons bied steeds dieselfde ervaring, dat jy by 'n familie-apteek ingestap het." En dat kliënte terugkom vir wat hulle hier ervaar, is 'n feit. "Aangesien ons al so lank in die bedryf is, is daar tot vyfde generasie kliënte wat ons besoek."
Gerieflik geleë in die Bayview-sentrum, waar daar bo en behalwe die Super Spar ook ander winkels, veral restaurante, asook 'n gimnasium is, is Viewkem naby die Bayview privaat hospitaal, asook verskeie dokterspreekkamers.
"Hier sal ons voortgaan om aan ons kliënte die persoonlike diens te lewer waaraan hulle ons kenmerk," verduidelik Reyneke. Die apteek beskik ook oor 'n kliniek waar basiese gesondheidsdienste beskikbaar is. "Ons wil kliënte uitnooi om ons te beproef wat hulle mediese fondsvoordele, veral met betrekking tot chroniese medikasie betref. Soms sukkel kliënte hiermee en ons wil graag die probleme help uitstryk vanweë ons ryke ervaring hierin," nooi Reyneke.
Die Viewkem Apteek is oop vanaf Maandag tot Vrydag 09:00-18:30, Saterdae 08:00-14:00 en Sondae 09:00-13:00.
Kontak Viewkem (044 690 4770).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'