Sponsored Content
SAKENUUS - Execuspecs by die Langeberg Mall bied in April ‘n 50% afslag op alle Irlen-siftingstoetse.
Irlen-sindroom is 'n perseptuele verwerkings probleem. Dit beteken dat die brein sukkel om die visuele inligting wat ontvang word te verwerk. Dus is dit nie 'n visie of sig probleem nie maar 'n verwerkings probleem in die brein.
Die meeste mense weet nie dat hulle Irlen-sindroom het nie en word dikwels verwar met optiese probleme. Iemand met Irlen-sindroom mag dalk perfekte visie hê, maar voel nogsteeds woorde beweeg op 'n bladsy of dat hulle dowwe visie ervaar.
Simptome van Irlen-sindroom sluit in: lig sensitiwiteit, leerprobleme, hoofpyne en skeelhoofpyn, aandag- en konsentrasie probleme, moegheid, visuele ongemak en probleme met diepte persepsie.
Die simptome word vererger deur helder lig, beelde met baie besonderhede, patrone, hoë kontras, of groot hoeveelhede drukwerk op ‘n bladsy.
Irlen-sindroom raak 'n groot deel van die bevolking. Ofskoon dit veral algemeen voorkom by kinders met leer- en leesprobleme raak dit ook 14% van begaafde studente en goeie lesers.
Dit kom dikwels in gesinne voor en word dikwels verkeerd gediagnoseer as 'n leergestremdheid of disleksie.
"Ons werk saam met die ETHAN projek-organisasie om bewusmaking te skep rondom outisme en so ook Irlen-sindroom. Navorsing bewys ongeveer 30% van individue met outisme word deur Irlen-sindroom geraak. April is Outisme-bewusmakingsmaand en daarom bied ons vir die maand van April 50% afslag op alle Irlen-siftingstoetse," sê oogkundige, Ute King.
'n Irlen-siftingstoets sal kan bepaal of 'n individu Irlen-sindroom het asook hoe erg die simptome voorkom. Spesiale gekleurde oorleggings en filters word dan gebruik om 'n individu met Irlen-sindroom te help omdat dit die perseptuele vervormings en visuele stres verminder. Sodoende bied dit verligting teen die simptome en stel dit die individu se hele gestel op sy gemak.
Kontak Execuspecs Langeberg Mall vandag by 044 312 0970 of langeberg@execustores.co.za vir meer inligting en kry jou afslagtarief op dié siftingstoets.
Execuspecs werk saam met die ETHAN projek-organisasie om bewusmaking te skep rondom outisme en so ook Irlen-sindroom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’