Bekwame personeel van Haas Das sal van 09:00 tot 17:00 gereed staan om besoekers aan die besonderse klank- en visuele ervaring wat Hisense produkte bied, bekend te stel. Boonop sal kliënte op dié dag 10% afslag op alle Hisense produkte kry.
Besoek Haas Das om die nuut ontwerpte vertoonkamer van Hisense te aanskou en raak meegesleur in die verwonderende effek van, onder meer, die 3D televisies en klanksisteme.
Dít en verskeie ander demonstasies sal deur die personeel gedurende die opedag aan besoekers gewys word. Televisie-kyk sal na hierdie dag nooit weer vir jou dieselfde wees nie!
Behalwe hiervoor is daar ook moderne yskaste, lugversorgers en nog baie meer in die vertoonlokaal. Maak seker om 'n draai op Vrydag, 16 November by Haas Das Sattelite & Audio te maak en wees verseker van die ervaring van 'n leeftyd.
Haas Das Sattelite & Audio is in Springstraat nr 9, Mosselbaai. Vir meer besonderhede, kontak die kantoor by 044 690 5106/7.

Dawie Gibson, Rene Uys, Jacqie Manu, Johan Windt (Onwer), Lelanie Botes, Joeline Windt, Jaco Windt, Fikile Ngubane, Denvor Mabie, Hiran Tarentaal, Klaas Wuyk, Martin Jordaan en Langton Rera.