Die kursusleier, mnr Johan Louw, wat as konsultant vir die AHI optree, het die Mosselbaaise byeenkoms as baie deelnemend en interaktief beskryf.
Talle sakelui, beide lede en nie-lede van die Mosselbaai Besigheidskamer, het die week gebruik om hul entrepreneursvaardighede op te skerp. Lede het die opleiding gratis ontvang, terwyl nie-lede teen 'n nominale bedrag die kursus kon bywoon.
Belangrike aspekte van besigheid is in diepte bespreek, onder meer die noodsaak vir die skep 'n stewige fondament vir 'n besigheid, hoe om infrastruktuur tot stand te bring en te beskerm, hoe om befondsing vir 'n besigheidsidee te bekom, die noodsaak van spanbou en goeie personeelverhoudinge, en die waarde van 'n goeie korporatiewe identiteit en bemarking.
Die monitering van 'n besigheid en veral die besigheidsbegroting, en hoe om deurgaans uitnemend te presteer, is ook deeglik behandel.
Uit terugvoer blyk dit dat almal wat die kursus bygewoon het, dit uiters waardevol en leersaam gevind het.
Die Mosselbaai Besigheidskamer, onder aanvoering van voorsitter mnr Johan van Rensburg, het in samewerking met die Afrikaanse Handelsinstituut 'n uiters leersame kursus in entrepreneursvaardighede in Hartenbos aangebied. Foto: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'