Houtsoorte soos Kiaat, Saligna, Swarthout en Mahonie is maar van die pragtige soorte wat beskikbaar is.
Hulle is slegs die verskaffers van hout en geen verwerking word gedoen nie. Die hout is geskik vir die maak van meubels, dekke, vloere, draaiwerk en vir die mesmakers of diégene wat altyd opsoek is na 'n spesiale stukkie hout.
Vir die bou-industrie en spesifiek diégene wat houtdekke doen, is daar Balau, Grapa, Masaranduba dekhout om van te kies.
Hulle bedien die hele Tuinroete en aflewering in Mosselbaai en George is gratis. Hulle is daarop ingestel om uitstekende diens te verrig.
Oerson Willemse het reeds 20 jaar ondervinding in die houtbedryf en hy word bygestaan deur sy broer Dirk, asook Johan en Rykie du Toit.
Kom loer gerus in by hulle perseel en ontmoet die vriendelike span. Die heerlike reuk van vars gesaagde hout sal enige persoon lus maak om houtwerk te begin doen!
Van die voorraad hout wat beskikbaar is by SWD Timbers.
Johan, Dirk en Oerson is die bekwame manne om mee te gesels by SWD Timbers.Foto's: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'