Gallery Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO - Du Plessis Oudioloë en Akoestici is 'n wenresep vir samewerking tussen man en vrou en hul lojale werkers wat al 'n geruime tyd lekker saamwerk.
Jacques en Andrea du Plessis het sewe jaar gelede die bestaande praktyk in Ryk Tulbachstraat, Mosselbaai oorgeneem.
FOTOGALERY: Man en vrou wenspan hou Suid-Kaap gehoorgesond
Die praktyk berus op goeie samewerking tussen hulle en die ontvangsdames. René Pretorius is al sewe jaar by hulle en behartig die pasiënte by die praktyk in Mosselbaai.
Ilse Behrens is die ontvangsdame by die Riversdal-praktyk wat in September vanjaar hul vierde verjaarsdag met 'n uitreikgeleentheid in Stilbaai gevier het.
Chantell Lucas is die kantoor-assistent by die Riversdal-praktyk wat help om sake vlot te laat verloop.
Du Plessis Oudioloë en Akoestici hou twee keer 'n jaar in elke streek 'n gemeenskapsdag waartydens 'n higiëne diens gelewer word. Dit behels die skoonmaak en drogingsproses van die gehoorapparate.
Andrea verduidelik dat die vog oor die mikrofone gaan lê en veroorsaak dat mense nie meer goed kan hoor nie. Die drogingsproses is dus belangrik vir die doeltreffende gebruik van gehoorapparate.
Vir Jacques en Andrea is gehoorgesondheid in totaliteit baie belangrik. "Mense onderskat die invloed wat gehoorverlies op 'n emosionele en psigologiese vlak het. Dit veroorsaak baie stres en spanning vir die pasiënt en frustrasie by die mense wat so 'n persoon se lewensruimte deel."
Instandhoudingsdienste word gewoonlik een keer 'n kwartaal teen 'n minimale koste gedoen. Op die gemeenskapsdae wat aan die begin van die jaar en een aan die einde van die jaar gedoen word, is die diens gratis.
Jacques vertel "Gemeenskapsdae is al soos 'n tradisie by ons om terug te gee aan ons pasiënte, dankie te sê en hulle te bederf. Moenie jou gehoorapparate in 'n laai bêre nie.
"Maak 'n afspraak met 'n gehoorkundige om jou te help. Identifisering van die probleem is die eerste stap om gehoorgesond te wees. Wees dus oop daarvoor as jou lewensmaat en familie jou aanmoedig om 'n ondersoek na gehoorverlies te laat doen."
Du Plessis Oudioloë en Akoestici bedien mense met gehoorprobleme van George tot by Witsand.
VIDEO - Du Plessis Oudioloë en Akoestici - Man en vrou hou Suid Kaap gehoorgesond:
Jacques en Andrea du Plessis, eienaars van Du Plessis Oudioloë en Akoestici besig met die higiëne-diens en drogingsproses van gehoorapparate.
Chantell Lucas, Ilse Behrens en René Pretorius feestelik getooi by die Mosselbaai-praktyk se gemeenskapsdag.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'