Advertorial
RIVERSDAL SAKE-NUUS - Met groot opgewondenheid en dankbaarheid het Jacques en Andrea du Plessis Riversdal gekies om hul tweede praktyk te open.
Du Plessis Oudioloë, Gehoorapparaat en Akoestici se deure is vanaf Maandag 3 September amptelik oop.
’n Groot aantal van hul pasiënte is van die Hessequa-streek en daarom was die behoefte vir volgehoue dienslewering nader aan die pasiënte se tuisdorpe, noemenswaardig.
Soos met die tak op Mosselbaai, is dit hul prioriteit om dieselfde gehalte diens te handhaaf. Hulle herstel bykans enige gehoorapparaat en verskaf boonop ’n wye verskeidenheid van hierdie produkte. Indien jy batterye vir jou gehoorapparaat benodig, kan hulle dit ook verskaf.
Die Du Plessis-egpaar is dit eens: “Ons oogmerk is om aan die gemeenskap terug te gee. Daarom beoog ons om soos by ons ander praktyk, kwartaallikse gemeenskapsdae te hou. Met so ’n dag nooi ons almal wat gehoorapparate gebruik om ons vir ’n gratis apparaatskoonmaakdiens te besoek. Dit is vir ons ’n voorreg om deel van hierdie vriendelike gemeenskap te wees.”
Skole kan hulle ook vir ’n skoolbesoek kontak.
By hul nuwe adres verwelkom hulle ook 'n nuwe lid van die span, Ilse Behrens, tans die ontvangsdame.
Hoewel die praktyk in Kerkstraat 3, Riversdal geleë is, moet pasiënte in Durbanstraat parkeer.
Kontak hulle by 028 713 1425.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'