Advertorial Gallery Video
SAKENUUS EN VIDEO - Alhoewel Du Plessis Oudioloë en Akoestici vanjaar hulle opedag op 13 November ter viering van hul verjaarsdag effe anders moes aanbied vanweë die Covid-19-regulasies, was daar aan kenmerkende warmte en geselligheid by die praktyk op Mosselbaai geen tekort nie.
Du Plessis Oudioloë en Akoestici bedryf ook 'n suksesvolle praktyk op Riversdal, waar Jacques en Andrea om die beurt daagliks beskikbaar is. Die raakvatvroue wat onderskeidelik die gesig van die praktyke op Mosselbaai en Riversdal is, is René Pretrorius en Ilse Behrens, beide ewe geliefd onder pasiënte.
Die praktyk se waardestelsel is familiegebaseerd.
"Gehoorverlies moet met groot sensitiwiteit hanteer word omdat dit selfvertroue 'n knou toedien. Pasiënte met gehoorverlies onttrek sosiaal en ons doelwit is om hulle terug te plaas waar hulle hoort – in hulle sosiale en familiekringe, sodat hulle 'n vol en bevredigende lewe kan geniet."
Fotogalery: Du Plessis Oudioloë en Akoestici
Jacques, Andrea en personeel sien dus om na méér as net pasiënte se gehoor. Hulle doelwit is om mense met hul omgewing te herkonnekteer. "Professionaliteit word voorop gestel, maar mense bly die kern van als."
Kyk 'n video hieronder:
As gehoorpraktisyns, het Jacques en Andrea vanweë eerstehandse ervaring begrip vir die dinamika van gehoorgestremdheid en –verlies. Vir hulle lê die sukses daarin om 'n persoonlike vertrouensverhouding met elke pasiënt op te bou.
Volgens hulle is om met 'n gehoortoestel saam te leef, 'n nuwe lewenstyl. "Dit is 'n lang pad wat 'n mens stap om seker te maak die produk werk vir 'n pasiënt en daarom is 'n vertrouensverhouding so belangrik."
Du Plessis Oudioloë en Akoestici is besonder trots op hulle kwaliteit kontak met pasiënte wat met groot vrymoedigheid beide praktyke besoek. Beide praktyke bied 'n volledige diens aan pasiënte met gehoorverlies, wat ook die diens van gehoortoestelle insluit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'