Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SAKENUUS - Tydens ‘n gesellige funksie wat hoofsaaklik geborg is deur Supa Quick Mosselbaai en Mosselbaai Nissan, het Burre Burger, stigter van Droogtehulp SA, persoonlike agtergrond gegee oor waar sy gedagte om boere in nood te help, gekom het.
As ‘n depressielyer moes hy leer om die Here te vertrou en om te bid. Hy het een aand in die Namakwaland by sy swaer gestaan en braai. Toe Burger na die belowende reënwolke gekyk, het hy sy antwoord by die Here gekry toe sy nefie van vierjaar oud daardie aand vir die eerste keer in sy lewe reën sien val het.
Hy het die Here volkome vertrou met die aflewer van sy eerste vrag water wat na Calvinia geneem is. Burger getuig dat die Here sorg en daarom is vrag nommer 954 is verlede week afgelewer.
Volgens Burger, word dit alles moontlik gemaak deur gewone mense wat gehoorsaam aan God is. Daarom het hy gevoel dat ‘n lekker kuieraand saam met sy vriend en mentor Pieter de Villiers, sanger Pierre Rossouw en bekende rugbyspeler, Johann Muller, die ideale wyse is om dankie te sê aan die sakemanne en individue van Mosselbaai vir hulle betrokkenheid en ondersteuning. Hy het sy spreekbeurt afgesluit met die woorde: “Hoop is ‘n droom wat aanhou, al word jy wakker.”
Burre Burger.
Voormalige Springbok-rugbyafrigter en persoonlike vriend van Burre, Pieter de Villiers, het opbouende en positiewe raad gegee: “Moenie met ander mense kompeteer nie. Wees die beste jy wat jy kan wees. As jou probleme groter as jy is, great, dan lig dit jou om beter te wees.”
‘n Geslaagde wynveiling het plaasgevind en wenners van aanbiedinge het die items teruggee sodat dit weer opgeveil kon word. Die besondere sangtalent van Pierre Rossouw asook die saamkuier en aangename versnaperinge het van die aand ‘n besondere geleentheid gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'