Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKENUUS - Statistieke wys dat ten minste 50% van alle padsterftes in Suid-Afrika alkoholverwant is. Ons kan dus aanvaar dat die owerhede oor die Feesseisoen aktief gaan wees met hul padblokkades.
Wat kan gebeur as dit blyk dat jy bestuur terwyl jy die toegelate vlakke oorskry?
Jy staar die volgende in die gesig
• Onmiddellike arrestasie en aanhouding
• ‘n Verpligte bloedtoets
Vervolging in die hof (met die moontlikheid van swaar boetes, selfs gevangenisstraf in ernstige gevalle)
Indien jy ‘n ongeluk gemaak het en in die proses iemand se dood veroorsaak het, kan jy vir moord aangekla word, eerder as vir strafbare manslag
Jou bestuurderslisensie kan opgeskort word
‘n Kriminele rekord (jy sou na 10 jaar kon aansoek doen vir die skrapping van die misdaadrekord)
Wat ookal in die hofsaak gebeur, indien jy ‘n ongeluk veroorsaak waarin iemand beseer word of selfs tot sterwe kom, gaan dit lewenslank op jou gewete wees. Om te bestuur terwyl jy onder die invloed van alkohol is, is ‘n keuse wat jy maak. Jy sal met die gevolge daarvan moet saamleef.
As jy wel van mening is dat jy onskuldig betrek word in 'n Bestuur onder die invloed saak kan jy Diedericks Prokureurs Tel 082 788 1205 kontak.
Dit is hoe jy die angs en risiko kan verwyder
Die ooglopende oplossing – moet nie bestuur nadat jy gedrink het nie. Die toegelate vlakke is as volg: BLOED TOETS: 0,05 gram alkohol per 100 milliliters bloed; of ASEM : 0,24 milligram per alcohol per 1,000 milliliters asem. Vir professionele bestuurders is die beperkings nog laer (0,02 gram alcohol per 100 mililiters bloed respektiewelik).
Onthou dat die aanduidings wat mens kry oor wat veilig is om te drink slegs ‘n benadering kan wees. Bly onder die aangeduide getal drankies deur die loop van die aand en wissel dit af met water of sap of energiedrankies – die alkoholvrye weergawe.
As julle nie ‘n genomineerde bestuurder het wat nie gaan drink nie, gebruik dan eerder ‘n huurmotor, Uber, Taxify, Tuisbestuurdiens ensovoorts – gerieflik, goedkoop, maklik en verantwoordelik.
As jy wel van mening is dat jy onskuldig betrek word in 'n Bestuur onder die invloed saak kan jy Diedericks Prokureurs Tel 082 788 1205 kontak. Ons spesialiseer op die gebied en veral op die bloed / alkohol analise en het ‘n 100% sukses rekord in die sake.
Volg ons op Facebook of lees meer op ons webwerf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'