Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Gereelde kliënte van Supa Quick Mosselbaai sou die afgelope tyd 'n buitengewone gewoel en gewerskaf by hierdie bekende besigheid opmerk. Uiteindelik kan die rede hiervoor nou met trots bekendgemaak word.
Maar eers, 'n bietjie agtergrond.
Wyle Piet Snyman, Chris Wentzel, en Lorette Grobbelaar het in 2002 die bestaande Supa Quick in Mosselbaai oorgekoop.
Lorette, toe reeds 'n ervare persoon in die bandebedryf, het met deursettingsvermoë en 'n innoverende besigheidsaanslag daarin geslaag om Supa Quick deur moeilike ekonomiese tye te lei tot waar dit vandag is.
Daarom is sy nou ook baie opgewonde om aan te kondig dat sy en haar huidige vennote, Petrie Snyman en Chris Wentzel, na deeglike oorweging besluit het om die Supa Quick-konsessie op te gee. Die besigheid word na 18 jaar voortaan na 'n Tyremart-konsessie oorgeskakel wat aan kliënte soveel meer kan bied, 'n groter verskeidenheid bande teen beter pryse.
"Die besluit wat ons geneem het om na die Tyremart-konsessiegroep oor te skakel, was nie 'n maklike een nie, maar na my mening die regte besluit vir ons kliënte en personeel," verduidelik Lorette.
"Dit is genoodsaak deur die talle veranderings wat plaaslik en globaal oor die afgelope jare in die bandebedryf plaasgevind het. Om winsgewend te bly, maar steeds die beste produkte teen die beste pryse aan ons kliënte te kan verskaf, en om selfs beter te kan doen as voorheen, is vir my en my vennote van kardinale belang. Die besigheid voorsien werk aan 16 voltydse personeellede, en dit is ons hoogste prioriteit om ons personeel en kliënte se belange te beskerm."
Lorette verseker kliënte dat Tyremart Mosselbaai, steeds al die dienste en produkte waaraan kliënte gewoond geraak het sal bied.
Dienste wat gelewer word, sluit in:
- Verskaffing van alle fabrikaat bande
- Wielsporing
- 'n 24-uur uitroepdiens vir noodbystand op die pad en hulp met pap batterye
- Herstel en balansering van bande
- Verskaf en opsit van Skokbrekers, mags, sleepstange, uitlaatstelsels en trokbande
Vir Lorette is dit 'n riem onder die hart dat 'n groot gedeelte van die huidige span reeds 10 jaar en meer saam met haar die besigheid bedryf.
"Hierdie bekende gesigte en stemme sal kliënte steeds begroet wanneer hulle Tyremart Mosselbaai besoek."
Lorette en haar span wil graag al hulle lojale kliënte bedank vir hulle geduld en begrip tydens die oorgangsfase. "Ons sien baie uit daarna om ou en nuwe kliënte by Tyremart Mosselbaai in Louis Fourieweg te ontvang."
Vir meer inligting, kontak Tyremart 044 695 1557.
Kliënte sal met 'n besoek aan Tyremart hierdie bekende gesigte sien van wie hulle steeds dieselfde puik diens kan verwag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'