Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Apteek se binne- en buitekant ondergaan tans groot estetiese veranderinge, maar, moenie bekommer nie, dis steeds die bekende gesigte wat kliënte vertrou, agter die toonbank.
Dié apteek sal voortaan bekendstaan as The Local Choice - Hartenbos Apteek.
Dit is reeds vir 30 jaar onder Gerda Visagie se bestuur en ten spyte van die naamverandering, bly sy steeds die eienaar - sy kry nou net ekstra ondersteuning, hulp en raad van The Local Choice (TLC).
TLC het reeds al die stelsels en sisteme in plek om Gerda en haar span te help om 'n wyer verskeidenheid produkte teen mededingende pryse beskikbaar te stel.
Gerda het selfs grappenderwys gesê sy sal nou haar toiletpapier en tandepasta by haar eie winkel kan koop, danksy die pryse wat saam met TLC moontlik is.
Nóg 'n opwindende toevoeging is Gerda se dogter, Sylvia Botes (apteker). Sylvia is ook nie 'n nuwe gesig nie - sy het immers in dié apteek grootgeword!
Kliënte wat vir Gerda ken, sal weet sy het 'n absolute passie vir aptekerswese. Sy sê egter om haar passie tot dusver te kon uitleef is slegs as gevolg van een rede: die Here se liefde, genade, krag en beskerming. Dit, en natuurlik die gemeenskap se lojale ondersteuning.
The Local Choice - Hartenbos Apteek nooi dus die gemeenskap uit om dié nuwe begin saam met Gerda, Sylvia en die res van die span te kom vier. Maak dus solank 'n aantekening by Vrydag, 29 November, op jou kalender vir 'n groot partytjie met talle spesiale aanbiedinge.
"Ons sien uit daarna om julle te ontvang met 'n glimlag en plaaslike warmte!"
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’