Advertorial
SAKE NUUS - Die Demokratiese Alliansie van Mosselbaai, beide die bestuur en DA Koukus, sê dankie.
Die DA-beheerde Mosselbaai-munisipaliteit is onlangs deur Good Governance Africa, 'n onafhanklike navorsingsagentskap aangewys as die heel beste munisipaliteit in Suid-Afrika.
"Hierdie beslissing dui aan dat Mosselbaai-munisipaliteit effektief en verantwoordelik bestuur word en dat u, die kieser, se belastinggeld nie wanbestee word nie," sê die uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé.
Die 2019-verkiesingsuitslae bewys dat die DA in Mosselbaai se steun op provinsiale vlak met 4 605 stemme gegroei het vergeleke 2014, 'n duidelike bewys dat u as kieser u steun aan skoon en effektiewe regering toegee. Die groei ook van ander partye wys dat die DA steeds verantwoordelik en gefokus moet aanhou werk.
"Ons bedank die Mosselbaai-munisipaliteit se amptenare vir hul uitnemende diens aan al die inwoners van Mosselbaai. Dankie aan die Verkiesingskommissie wat plaaslik gehelp het dat die verkiesing glad verloop het. Ek wil kiesers aanmoedig om nou reeds by die OVK-kantore in Powrystraat seker te maak dat hulle geregistreer is vir die 2021 munisipale verkiesing. Daar is steeds duisende mense in Mosselbaai wat nie as kiesers geregistreer is nie.
"'n Ekstra spesiale dankie aan elke kieser vir die mandaat aan die DA wat u weer eens toevertroue het. Ons kan voortbou om Mosselbaai en Suid Afrika 'n beter plek vir elkeen te maak," sê Kotzé.
The DA in Mossel Bay received the Good Governance Africa award for the best municipality in South Africa. This is due to stable, accountable and honest governance and municipal employees who give their very best for all of our community.
"We would like to thank and appreciate our DA staff and DA activists who worked tirelessly over the past months in the build-up to the elections.
Lastly, yet most importantly, we thank you as our loyal voters. We, as the DA, continue doing our very best to make Mossel Bay a better place for all.
Die DA-raadslede van Mosselbaai bedank kiesers wat die party ook in die pas afgelope 2019 nasionale en provinsiale verkiesing in selfs nog groter getalle ondersteun het. Foto: Nickey le Roux