Sponsored Content Video
BESIGHEIDNUUS - Diaz Landgoed is 'n alles-in-een residensiële ontwikkeling wat jou die kans sal gee op 'n ongelooflike, ononderbroke kusleefstyl.
Dié gesogte ontwikkeling is in die begeerlike woonbuurt van Diaz-strand op Mosselbaai geleë. Die kusleefstyl bied asemrowende see-uitsigte en 'n matige klimaat. Soos die woonbuurt se naam weggee, is die strand net om die draai, wat beteken die landgoed is 'n kort entjie se stap na die gewilde Diaz-strand - wat meer wil jy in 'n landgoed hê?
Beleggingsgeleentheid
Mosselbaai is vir seker een van die mees gesogte vakansiebestemmings in Suid-Afrika. Dit is ook onlangs as een van die top semigrasie areas in die land aangekondig. Mosselbaai is ook slegs 30 minute vanaf George-lughawe en spog met opgegradeerde paaie en infrastruktuur, wat dié area, en spesifiek Diaz Landgoed, die perfekte beleggingseiendom maak.
Die leefstyl
Diaz Landgoed se ideale ligging bied maklike toegang tot strande, Mosselbaai-sentraal, Langeberg Mall, skole, restaurante, hospitale, ander dorpe in die Tuinroete, en soveel meer.
Moderne gerief
Die ontwikkelaars van Diaz Landgoed weet geen prys kan op veiligheid geplaas word nie. Die landgoed bied 24/7 sekuriteit en 'n veilige speelarea vir kinders. Dit sal ook 'n agtergrond bied vir die kweek van 'n gesins- en vakansieleefstyl wat volhoubaarheidspraktyke soos water-opname en vullisherwinning omhels – die ontwikkeling bied ook die opsie van sonkragvoorsiening. Sentrale areas sal beskikbaar gestel word vir gemeenskapsgeriewe soos koffiekroeë, kantore, salonne, 'n gimnasium, funksielokaal, en meer.
Inligting
Vir meer inligting, besoek die Facebook-blad Diaz Landgoed of die webblad www.diazlandgoed.co.za. Hier is foto's wat wys hoe hierdie pragtige woonstelle en meenthuise gaan lyk en ook hoeveel dié belegging jou sal kos.
Om nóg meer uit te vind oor wat Diaz Landgoed bied, kontak Bobby of Henno by 083 305 6940 of 071 752 3732.
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’