Sponsored Content
SAKENUUS - Vir CBS Body Works is 'n tweede Best of Mossel Bay-toekenning 'n besondere eer - en 'n bewys van die vertroue wat Mosselbaai se motoriste oor die jare in hierdie familiebesigheid plaas.
Nadat CBS Body Works reeds in 2024 as beste paneelklopper aangewys is, is hulle in 2026 weer met dieselfde titel bekroon. Vir 'n onderneming wat soveel waarde heg aan gehalte, diens en persoonlike aandag, beteken hierdie erkenning besonder baie.
CBS Body Works is 'n gevestigde naam in Mosselbaai en 'n besigheid waar kliënte nie bloot as nommers gesien word nie.
As 'n familieonderneming glo die span daarin om elke kliënt met dieselfde sorg en respek te behandel as wat hulle aan hul eie familie sou gee.
Van die eerste kontak tot die voltooide herstelwerk is die doel eenvoudig: om goeie diens te lewer en seker te maak dat elke voertuig met trots aan sy eienaar terugbesorg word.
"Ons is ongelooflik dankbaar vir elke stem en elke kliënt wat ons ondersteun," sê die bestuur. "Hierdie toekenning behoort aan ons hele span én aan die mense wat jaar ná jaar op ons vertrou."
CBS Body Works sê dankie aan Mosselbaai vir hierdie groot eer.
Twee keer 'n wenner - en steeds trots op kwaliteit, diens en ons mense.

‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’