Na Pieter se afsterwe in 1999, het Dini voortgegaan met die besigheid. In Maart 2000 het Willie Blaauw by haar aangesluit en Alfred Qeqe is sedert 1998 in haar diens. Lanae Reinhardt het twee jaar gelede deel van die span geword. Bolt Man word al die afgelope 18 jaar vanaf dieselfde perseel bedryf.
Deur die jare het die produkreekse gegroei en is Bolt Man vandag wyd bekend vir die groot verskeidenheid boute, moere en skroewe wat verskaf word onder die vaandel 'fasteners'. Handgereedskap, kraggereedskap en alle verwante produkte maak deel uit van die groot reeks beskikbaar.
Op 9 Mei word daar karnival gehou op die perseel, ter viering van hulle verjaarsdag. Daar gaan gelukkige prystrekkings gehou word en verskeie demonstrasies wees deur verskaffers soos Makita, Maktec en Hitachi. 'n Uitstalling van Tork Craft se produkreeks gaan ook ten toongestel word. Baie spesiale aanbiedinge sal vir die dag geld, asook ongelooflike lae pryse op Makita, Maktec en Hitachi produkte vir die tydperk 9 tot 16 Mei 2014.
Worsbroodjies sal te koop aangebied word teen 'n minimale koste, ten bate van ACVV Kenani Dienssentrum.
Dini wil van hierdie geleentheid gebruik maak om elke lojale kliënt met opregtheid te bedank vir 18 jaar se getroue ondersteuning. Sy en haar span sien daarna uit om u nog vir baie jare van diens te wees.
Krag- en handgereedskap, asook verwante produkte word aangehou.
Foto's: Tersia Maraias
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'