Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Die gemeenskap het hulle gekies as die beste, en dis nie moeilik om te sien hoekom nie.
Hannetjie Claassen en haar span by Fashion 4 Hair leef nie net hulle passie by die werk uit nie, maar ook vir die gemeenskap.
Ná die Mosselbaai-gemeenskap vir dié salon gestem het as die beste haarsalon in die Best of Mossel Bay-kompetisie, het Hannetjie besluit om dankie te sê deur terug te gee.
Sy en haar span het die afgelope Saterdag, 7 September, 'n dankie-sê dag op hul perseel in Bayview aangebied. Kompleet met stalletjies, 'n springkasteel, verwelkomingsdrankies en waarskynlik die belangrikste: 'n tafel met skenkings aan Benevolent Park Ouetehuis.
"Aan ons ongelooflike gemeenskap wat ons omhels en ondersteun; julle vertroue en lojaliteit beteken die wêreld vir my. En aan my uitstekende personeel - julle passie, harde werk en toewyding gaan nie ongesiens verby nie," het Hannetjie tydens haar toespraak gesê.
"Terwyl ons feesvier word ons herinner om terug te gee aan die gemeenskap. En ek daag elke haarsalon uit om dieselfde te doen!
"Saam by Fashion 4 Hair stileer ons nie net hare nie, ons bou verhoudings, ons versprei liefde en ons verryk lewens."
Sy sê hulle het 'n leuse by Fashion 4 Hair: "Ons skinder nie." En oor dié reël is sy baie kwaai. Elke kliënt word met respek behandel en as 'n swaar hart by hulle instap, sorg hulle dat daardie hart ligter is wanneer die persoon by hulle deure uitstap.
Susters van Benevolent Park was ook by die geleentheid om die skenkings in ontvangs te neem en het hul hartlike dank uitgespreek vir die gebaar en wat dié salon vir hulle beteken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’