Advertorial Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Lize Pretorius van Lize Pretorius Oudioloog-praktyk het weer haar deure op Mosselbaai oopgemaak.
Lize het reeds 23 jaar ondervinding in oudiologie en het haar loopbaan afgeskop deur 10 jaar in Engeland te werk. Sy het reeds 12 jaar ondervinding in privaat-praktyk.
Lize het 'n wye veld van kennis in die bedryf en is kundig in die voorsiening van dienste in die voorkoming, diagnose, en bewys-gebaseerde behandeling van gehoor-, balans- en verwante probleme asook gehoorprobleme by persone van alle ouderdomme (kinders tot volwassenes).
VIDEO - Besoek oudioloog met jare se ondervinding (Video: Louise Karsten, Redigering: Jannie du Plessis).
In 2006 het sy haar praktyk op Mosselbaai oopgemaak en dit voltyds tot 2018 bedryf. Nadat sy 'n gastehuis geopen het, het Lize besluit dit is weer tyd om voltyds op oudiologie te fokus.
Gehoor- en balansprobleme is kompleks en Lize voorsien professionele en pasient-gesentreerde diens om die negatiewe impak van gehoorverlies te minimaliseer.
Gehoorapparate is Lize se forté en sy fokus veral op gehoorapparte vir ouer persone op Mosselbaai.
Sy is op die voorgrond van die jongste tegnologie en navorsing en werk met mediesefonds tariewe. Lize beskryf haarself as 'n mens wat lief is vir ander mense.
Oudiologie is haar passie. Sy is in 'n praktyk saam met haar tandarts-man, dr Wessel Pretorius. Skakel Lize Pretorius by 044 690 5236 of 078 163 4010 of besoek die praktyk by Marshstraat 121, De Bakke, Mosselbaai.
Tersia van Huyssteen, Lize Pretorius en Tracey Brooks. Van Huyssteen en Brooks is Lize se praktykpersoneel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'