Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Dokters Ernie Hobbs en Sanet Pretorius van die Bay-Med@14-praktyk bedank al hul pasiënte uit hul harte vir die afgelope vyf jaar se getroue ondersteuning. "Ons het hierdie praktyk vyf jaar gelede, suiwer uit geloof begin.
Vandag kan ons net in dankbaarheid terugkyk op vyf jaar van genade en groei. Ons kan net ons Hemelse Vader, ons getroue pasiënte en ons formidabele personeel hiervoor bedank.
"Ons praktyk groei steeds daagliks. Ons poog altyd om die beste moontlike sorg en diens aan ons pasiënte te lewer en ons wil altyd almal graag en so gou as moontlik help. Ons dorp groei baie vining en ons doen ons bes om tred te hou met die getal pasiënte wat by die dag toeneem.
"Ons is bevoorreg om ook vir dr Rene Griesel hier te hê wat op Woensdagmiddae en gedurende vakansietye hier werk.
"Baie dankie vir u voortgesette ondersteuning en wees verseker van die beste moontlike diens by Bay-Med@14."
Spreekure:
- Maandag - Donderdag: 08:00 - 18:00
- Vrydae: 08:00 - 17:00
- Saterdae & Vakansiedae: vanaf 09:00 (oggendure vir noodafsprake)
Kontakbesonderhede:
- Kantoor: 044 868 0030
- pauline@bay-med14.co.za
- Da Gamastraat 14, Da Nova, Mosselbaai
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’