Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Dokters Hobbs en Pretorius het 'n jaar gelede die deure van hulle praktyk in Da Nova geopen en nou, lê daar opnuut 'n nuwe opwindende hoofstuk voor. Die egpaar, praktiseer reeds sedert die begin van hulle loopbane saam. Na 20 jaar in Pretoria, het hulle ses jaar gelede Mosselbaai hul nuwe adres gemaak.
'n Nuwe gesig wat nou by die praktyk inskakel is dr René Griesel, wat op Woensdagmiddae by die praktyk sal uithelp.
Dokter Griesel is egter nie onbekend aan Mosselbaaiers nie en praktiseer reeds 11 jaar op die dorp.
Ook voorheen van Pretoria, het dr Griesel destyds reeds as locum by drs Hobbs en Pretorius se praktyk gewerk. Nou, sit hulle bloot hierdie tradisie voort. "Die praktyk hier op Mosselbaai, net soos in Pretoria, is net 'n aangename praktyk met aangename pasiënte. Daarom help ek graag hier uit."
Deel van die omvattende diens wat Bay-Med@14 van meet af aan bied, sluit nou ook estestiese prosedures in. "Pasiënte wat meer inligting wil hê oor die botox-behandeling en die toedien van opvullers (fillers), kan gerus die praktyk besoek om navraag hieroor te doen," sê dr Hobbs, wat verdere mediese kwalifikasie in estetiese prosedures bekom het.
Drs Hobbs en Pretorius is dit eens dat hulle dit baie geniet om hulle eie praktyk in Mosselbaai te hê. "Ons wil regtig net hê dat ons pasiënte met die intrapslag tuis en welkom by ons praktyk moet voel," sê dr Pretorius.
Drs Hobbs en Pretorius bedank die gemeenskap van Mosselbaai, in besonder hulle pasiënte, vir die ondersteuning gedurende die afgelope jaar.
Die praktyk se spreekure is: Maandag tot Donderdag 08:00-18:00, Vrydae 08:00-17:00 en Saterdae 09:00-12:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'