Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Die feestelike atmosfeer wat by Bardolino Lifestyle Village, Diasstrand, geheers het verlede Vrydag, 21 Junie, was aansteeklik.
Bardolino se eerste intrekkers, die alombekende en geliefde Emile (Skippie) en Hetsie Scheepers, is met gulhartigheid verwelkom in hul nuwe tuiste.
Heelwat van die ander kopers was ook teenwoordig, wat hul beurt afwag om in te trek. Daar is heerlik saam gekuier en tot familie uitgelê.
Sjampanjeproppe het die lug in geskiet onder toejuiging van 'n groepie genooide gaste, met ook die onderburgemeester van Mosselbaai, Dirk Kotzé, wat teenwoorig was. Die ontwikkelaars van Bardolino, Louis en Tharina Rossel, het amptelik die rooi lint voor die Scheeperse se prag eenheid geknip.
Bardolino Lifestyle Village spog met 73 voltitel, vrystaande huise. Die huise is ruim en getuig van uitstekende vakmanskap wat betref die uitleg en afronding. Volgens One Way Estates, wat Bardolino bemark, is 60% van die huise reeds verkoop. Die tweeslaapkamer-woonstelle, was einde 2018 reeds uitverkoop.
"Ons was nie regtig van plan om ons huis in Hofmeyrstraat, Mosselbaai, te verlaat nie, maar op aanbeveling van 'n goeie vriend, het ons Bardolino besoek en ons harte verloor" vertel Skippie. Nadat hulle die verkoopskantoor besoek en na die huisplanne gekyk het, het die Scheeperse binne 'n kwessie van 20 minute besluit dat Bardolino hulle aftree-adres gaan wees.
Die Scheeperse moes eers met hulle kinders konsulteer.
"Dit is ons kinders se grootwordhuis, maar hulle het ons met oorgawe aangemoedig om te skuif, sodat ons saam hierdie nuwe seisoen van ons lewe kan betree." vertel Hetsie.
Hetsie, bekend vir haar hand met binnenshuisversiering, beaam dat die ruimte wat sy by Bardolino het, selfs meer is as wat sy aanvanklik gedink het.
"Dis so sentraal boonop. Alles wat ons nodig het met betrekking tot winkels en restaurante, is hier rondom ons. En die see, is presies 250m stapafstand van ons huis af, ideaal vir wanneer die kleinkinders kom kuier," lag sy.
'n Verdere bonus vir kuiergaste, is dat die George internasionale lughawe slegs 'n 30 minute rit op die N2 ver is. 'n Gimnasium is ook in die nabye omgewing, vir diegene wat hou van 'n volgehoue, aktiewe leefstyl.
Die bekroonde Life Bay View privaat hospitaal, is ook gerieflik naby. Met die groeiende behoefte aan gespesialiseerde sorg, vorder konstruksiewerk aan Bardolino se sorgeenheid vir verswaktes met spoed. In hierdie fasiliteit sal 30 beddens, 34 bystandsorgeenhede, asook die dienste van 'n mediese dokter op die perseel beskikbaar wees.
"Ons wou betyds trek, voordat ons móés. Ons wou intrek en 'n nuwe lewe skep, in 'n nuwe gemeenskap, terwyl ons dit nog kan geniet. En hier is ons nou," sê Hetsie. terwyl sy beduie hoe goed die ruimtelike beplanning in hulle huis is, volgens haar persoonlike spesifikasies.
Die Bardolino-leefstyloord spog met 'n baie kompeterende heffingstelsel waarvolgens inwoners slegs betaal vir die dienste wat hulle gebruik. Sekuriteit behels toegangsbeheer en elektriese omheining. 'n Betroubare buurtwagsisteem is ook aktief in die woongebied.
Vir meer inligting oor Bardolino, kontak Rina Kotze (082 563 1239 / agente@onew.co.za), Corlia du Plessis (082 577 8322 / office@onew.co.za), Mareze Kritzinger (082 923 2711 /mareze@onew.co.za) of Karin Strydom (072 088 2075 / karin@onew.co.za).
Bardolino Lifestyle Village se wenspan het rede om te glimlag nadat hulle op Vrydag, 21 Junie die eerste intrekkers ontvang het.
In hulle ruim kombuis, is die Scheeperse sommer tuis.
Die Scheeperse (links) kan nie uitgepraat raak oor die ruimte en keurige afwerking binne hulle nuwe tuiste nie. Hier is hulle saam met die ontwikkelaar, Louis Rossel en sy vrou, Tharina.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'