Advertorial
MOSSELBAAI SAKE NUUS - White Shark Parasailing is reeds operasioneel in Mosselbaai sedert 2008 en dit is met groot trots wat eienaar Cobus van Rensburg hierdie tiende bestaansjaar vier.
White Shark Parasailing is die enigste kommersiële valskermseil-operateurs (parasailing) aan die Suid-Afrikaanse kuslyn. Aangesine hulle toerusting gereeld nagesien word, het die maatskappy ‘n ongeluk- en insidentvrye rekord. Statistiek toon dat daar ‘n 90% kans is om ‘n witdoodshaai tydens ‘n valskermseil-avontuur te sien. Die afgelope Desemberseisoen het is daar slegs tydens sewe geleenthede uit 65 uitstappies, geen haaie uit die lug waargeneem nie.
Die nuutste toevoeging tot die White Shark Parasailing-stal, is die Freaking Fast Waverider. Cobus het besef dat dit tyd is vir ‘n nuwe uitdaging asook die uitbreiding van die bestaande aktiwiteite beskikbaar in die hawe. Die boot was ‘n kategoriewenner in die 2009 Trans Agulhas-wedvaart. Dit is ontwerp deur die Britse spesiale taakmag en beskik oor ‘n ballistiese romp. Twee Yamaha V-max gemodifiseerde motors, verskaf die spoed. Die sitplekke is presies dieselfde as dié wat gebruik word in NSRI-bote. Dit is baie gemaklik en so ontwerp om beserings te probeer voorkom. Die Freaking Fast Waverider doen ‘n 22 km-rit in die baai in onder 15 minute.
Die skippers van beide bote het gesamentlik meer as 30 jaar ervaring. Beide bote is multi-funksioneel. Alhoewel die Freaking Fast Waverider vir hoë spoed adrenalienritte toegerus is, word daar ook vir alle ouderdomme eko-ritte na die Punt-grotte en om Robbe-eiland aangebied. Luukse en romantiese skemervaartritte aan boord van die Senorita, die valskermseilboot tussen die Punt en Robbe-eiland kan ook bespreek word.
Besigheidsgeleenthede in die hawegebied bestaan tans vir vennote. Vir meer inligting, kontak Cobus (083 303 1960).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'