Advertorial
MOSSELBAAI SAKE NUUS - Met die eerste fase van ATKV-Hartenbos se seefrontontwikkeling reeds amptelik geopen, het fase 2 ook afgeskop.
Clicks is van Maandae tot Vrydae van 08:30 oop en sluit om 18:00, Saterdae van 08:00 tot 18:00 en Sondae van 09:00 tot 14:00.
Daarby het die Italiaanse pizzarestaurant, PIZA e Vino, ook geopen terwyl hierdie gewilde oord met ’n nuwe verhitte swembad spog.
Meer inligting oor die verhitte swembad
Die verhitte swembad sal in die buite seisoen elke dag oop wees vir die publiek vanaf 08:30 tot 20:30 met sessies van twee ure elk. Binne seisoen is die twee-uur swembadsessies van Maandae tot Sondae van 08:30 tot 23:00.
Daar sal ’n breek van ’n halfuur tussen elke sessie wees waartydens skoongemaak sal word om probleme tydens die volgende sessie te voorkom.
ATKV-lede betaal slegs R20 vir die gebruik van die verhitte swembad en die publiek R30.
Toegang is gratis vir kinders onder vyfjarige ouderdom. Kleiner swembaddens is ook vir die jongspan beskikbaar. Daar wag dus pret en plesier vir die hele gesin.
Meer inligting oor die pretpark
Die pretpark is vir sewe dae van die week oop met verskeie pakkette vir ATKV-lede en die publiek.
Inwonende ATKV-gaste betaal slegs R20 per persoon en dit sluit ’n ronde avontuurgholf of vyf glye op die waterwurm in.
Vir meer inligting skakel ATKV-Hartenbos (044 601 7200) of besoek ons webwerf by www.hartenbos.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'