Advertorial Gallery
SUID-KAAP SAKENUUS - Heidelberg Caltex N2 is fris, vars en gereed om jou te verwelkom. Die rooi en wit van dié vulstasie se kleure was oral op Donderdag 13 Desember tydens die amptelike 'big bang' opening te sien.
Goeie gehalte brandstof is nie al waarvoor jy by Caltex wil stop nie. Skoon ruskamers, Seattle-koffie, vars vrugte en groente van Freshstop, laat kliënte verfris die pad aanpak.
Dit is ook hier waar jy die nuutste soort elektroniese prysbord of Trade Mark-bord in die land kan sien. Musiek, dansers en kolwyntjies het 'n groot gehoor gelok. Caltex se ikoniese wit haas het vir kinders, sowel reisigers lekkers en allerlei geskenkies uitgedeel.
Spur Grill & Go gee jou die geleentheid om jou gunstelling burger in 'n japtrap as wegneemete saam te neem. Jy kan selfs ontspan, sport kyk en op die gratis Wifi inskakel terwyl jy in die meer ontspanne binneruimte aansit.
Smullekker vleissnitte en sagte ribbetjies is hier in Spur-styl te kry. 'n Speelpark vir kinders sal binnekort aangebou word. Wanneer jy jou nie met beesvleis wil bederf nie, is Kentucky Fried Chicken (KFC) 'n ander keuse.
Hoof uitvoerende beampte Cornel Vermeulen het gesê: "Meer as 65 werksgeleenthede is geskep. Dít maak ons trots om te weet dat deur werkskepping, 65 gesinne gehelp kan word. So maak dit ons 'n gemeenskapspeler.
"Ons bied goeie produkte van kwaliteit handelsmerke. Dit is belangrik om 'n hoë standaard te handhaaf. Reisigers moet hier wíl stop en die ondervinding moet vir die gemeenskap, asook verbygangers aangenaam wees."
Jy kan vir Moov Fuel se kompetisie inskryf wanneer jy brandstof ter waarde van R250 of meer aankoop. Groot prysgeld is op die spel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'