Sponsored Content
MOSSELBAAI NUUS - Daar kom ‘n tyd vir baie bejaardes waar hulle nie meer na hulself kan omsien nie.
Wanneer die dag aanbreek, moet daar inderhaas besluite geneem word oor wat die beste soort sorg sal wees, en wat die bekostigbare oplossing is.
Dit is egter nie nodig om vir hierdie dag te wag nie. Senior burgers kan hulleself lank voor hierdie dag binne die regte omgewing vestig, waar hulle steeds onafhanklik kan woon en wanneer nodig kan hulle onmiddelik ondersteuningsdienste, soos verswakte versorging bekom.
Aftreeoorde is ‘n aantreklike en populêre oplossing onder senior burgers. Daar is vandag honderde aftreeoorde in Suid Afrika en almal bied wonderlike voordele waaruit voornemende inwoners kan kies en keur. Die brosjures en advertensies van bejaardes wat hand-aan-hand op strande stap en mooi glimlag kan ‘n persepsie skep dat alles in aftreeoorde altyd wel is.
Aftreeoorde kan egter ingewikkeld, verwarrend en soms omstrede wees.
‘n Groot bydraer tot die kompleksiteit van aftreeoorde is byvoorbeeld die verskillende regsstrukture wat oor ‘n verloop van tyd ontwikkel het. Hierdie strukture is hoofsaaklik die produk van die stadige kommersialisering van die aftreeoord sektor, van die “nie winsgewende” of “skenker befondsde” model na die “inwoner befondsde” model.
Die verskillende vorme van eienaarskap laat voornemde inwoners ook kopkrap. Die bekendste vorme is; deeltitel, voltitel en lewensreg. ‘n Aftreeoord kan of een of ‘n kombinasie van twee of drie van hierdie eienaarskapsvorme bied.
‘n Ander bydraer tot verwarrendheid is die “uitgangs fooi” wat deur sommige aftreeoorde gevra word. Hierdie fooi word aan die aftreeoord betaal wanneer die inwoner sy wooneenheid in die aftreeoord verkoop, of waar die eiendom op ‘n ander persoon se naam geregistreer word.
‘n Persentasie van 3.5% of meer op die verkoopprys van ‘n deeltitel- of voltiteleenheid kan aan die aftreeoord betaalbaar wees.
Senior burgers wat lewensreg op wooneenhede koop, moet by kanselasie soms lank wag vir uitbetaling. Hierdie uitbetalings beloop gewoonlik ‘n persentasie op die aanvanklike prys wat op die lewensreg betaal is.
Die prentjie rondom aftreeoorde hoef nie donker en verwarrend te wees nie. Die voornemende inwoner moet verstaan wat aftreeoorde behels en wat hulle bied. Tesame hiermee moet die voornemende inwoner sy eie behoeftes en middele ken, ten eerste wat dit huidiglik is en ten tweede wat sy behoeftes en middele in die toekoms kan wees.
Sonder ‘n goeie agtergrond aangaande aftreeoorde en oor sy eie behoeftes en middele, kan die voornemende inwoner deur eiendomsagente, advertensies, brosjures en vriende meegesleur word om in ‘n omgewing op te eindig wat hom en sy gade van wat hul beste jare moes wees, beroof.
Skakel vir Willie Smith by 061 147 6495, Direkteur Bemarking by Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde, en gesels met hom oor ‘n aftreeoord wat sal inpas in jou goue jare.
Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'