- Die toets van watergehalte waar nodig. AfriForum Mosselbaai-tak se groen- en blou druppel toetse het getoon dat ons watergehalte aan standaarde voldoen. Tydens April 2016 se grootskaalse visvrektes in die Hartenbosrivier, het die plaaslike AfriForum tak dadelik watertoetse gedoen en op spoedige optredes aangedring.
- Herstel van sinkgate op paaie
- Die skoonmaak en opruim van vullis in plekke waar plaaslike owerhede tot ’n val gekom het
- Gemeenskapsveiligheid tot stand gebring het waar die SAPD nie-effektief was nie. Danabaai Buurtwag is in 2015 omgeskakel na ‘n AfriForum buurtwag en verskeie opleidingsessies is vir Mosselbaai se buurtwagte aangebied.
- AfriForum se Mosselbaai-tak het sedert Desember 2014 ’n groot rol gespeel in die verbetering van die Louis Fourieweg stortingsterrein en het sopas oudits van die Grootbrakrivier en Louis Fourieweg se stortingsterreine afgehandel.
- Die tot stand bring van tersiêre instellings – Akademia en Soltek
Enige persoon kan lid word van AfriForum en gemeenskappe word aangemoedig om betrokke te raak en sodoende weer eienaarskap van Suid-Afrika terug te neem. SMS slegs u naam en “Mosselbaai” na 45265 en u sal gekontak word.
“Self doen, is beter as niks doen”