Advertorial
MOSSELBAAI SAKE NUUS - CBS Wealth, ’n Sanlam BlouSter maatskappy, is ’n span kundiges met gesamentlike ervaring van meer as 50 jaar wat gespesialiseerde finansiële dienste aan kliënte bied sedert Maart 2017.
Ons lei ons kliente, stap-vir-stap deur die ingewikkelde veld van finansiële onafhanklikheid en verseker dat elke kliënt ‘n finansiële plan het wat bereikbaar is.
Die diverse span se prioriteit is om deur kontinuiteit, langtermyn verhoudings met kliënte op te bou en sodoende te verseker dat ons kliente se welvaart verseker is. Met behulp van kundige advies, word daar gepoog om kliënte se reeds bymekaargemaakte fondse te groei en te bewaar vir aftrede of ander mikpunte. Produkte van die meeste bekende versekeringshuise kan ook deur ons onafhankilike been gediens word.
Wat CBS Wealth se span anders maak is dat die span opgemaak is uit kundiges vanuit verskeie agtergronde (besigheid, beleggings, versekering, sportlui, kliënte dienste en die bankwese). Dit verseker byvoorbeeld dat ’n sportman/vrou by CBSWealth met ‘n kundige kan gesels wat ook n sport entoesias is en dus die eiesoortige passie verstaan.
Die span nooi alle huidige asook voornemende kliënte uit om te kom kennis maak oor ’n koppie koffie. CBSWealth is geleë in die Bella Casa gebou in Mascadorstraat, Voorbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'