1. DIT DUUR LANGER AS WAT JY DINK
Om vandag af te tree is baie anders as wat ons oumas en oupas ervaar het. Die aftree-ouderdom van 60 is teen die laaste eeuwisseling in Europa vasgestel, toe die lewensverwagting ongeveer 49 was! Die meeste mense het in werklikheid nie afgetree nie, en vir diegene wat wel afgetree het, was die tydperk van aftrede nie baie lank nie.
’n Lang leeftyd is vandag ’n realiteit. Gesonder leefstyle en vooruitgang in mediese sorg het meegebring dat mense gesonder en langer leef. Die gemiddelde 60-jarige lyk vandag beslis baie anders as ons grootouers op daardie ouderdom.
2. DIT BETEKEN NIE DIE EINDE VAN WERK NIE
Of dit ’n persoonlike keuse is of vanweë finansiële behoeftes is, al hoe meer mense verkies om langer te werk en geleidelik na aftrede oor te beweeg deur hul ure af te skaal, deeltyds te werk of konsultasiewerk te doen.
Afgetredenes is hoogs vaardige, ervare individue en baie verkies om liefdadigheidswerk te begin doen. Hulle wil vervulling hê en ’n gevoel dat hulle in hierdie ruimte benodig word wanneer hul werkleeftyd afsluit. Vind dus iets waarmee jy kan besig bly – n plek/instansie waar jou insette waardeer word!
3. DIT IS NIE VIR ALMAL DIE VAKANSIE WAT VERWAG IS NIE
Die idee dat jy jou leefstyl heeltemal by aftrede moet verander, is verkeerd. Dit is belangrik dat jy vir jouself tyd inruim om stokperdjies en ander belangstellings te beoefen terwyl jy nog werk – dinge waaraan jy dan meer tyd kan bestee wanneer jy afgetree is. Baie mense droom daarvan om hul dae op ’n gholfbaan deur te bring of langs ’n meer te hengel, maar ongelukkig raak dit dikwels ’n geval van “te veel van ’n goeie ding!”
’n Geïntegreerde benadering tot aftrede wat werk, ontspanning en verdere studies in jou jare voor aftrede balanseer, bied die gelukkigste en maklikste oorgang tot aftrede. Dit is trouens ’n balans wat ons deur ons hele lewe behoort te handhaaf.
Versorging van jou psige is net so belangrik soos finansiële gemoedsrus!!
Skakel my gerus om oor jou aftreebeplanning te gesels.
Neil Viljoen, Adviserende Vennoot, Citadel
Tel: +27 82 448 7200 • Faks: +27 21 670 9601 • E-mail: neilv@citadel.co.za
Collett Square 32, Hoek van Yorkstraat en Bamboo-laan, George
Ook in Mosselbaai