"Hierdie departement bring sy kant in terme van navorsing en wil daar wees vir julle wanneer dit goed of sleg gaan met die bedryf."
Sy het eerste vir prof. Nick Vink van die Universiteit Stellenbosch aan die woord gestel om 'n oorsig van wêreld en plaaslike markte in diereprodukte te gee.
"Ek gaan praat oor die wêreldtendense en wat oor die volgende 30 jaar verwag kan word, en die bedryf moet self besluit waar pas dit in," het Vink gesê. Hy meen baie onverwagse goed gebeur, maar 'n mens kan tog, indien jy die breër prentjie in ag neem, in 'n mate antisipeer wat kan gebeur.
Dr. Louis Maartens van Deltamune het die rol van enting as deel van 'n beheerstrategie van voëlgriep onder volstruise bespreek. "Die teenwoordigheid van die virus het verreikende invloed op die bedryf en die handel. Hoe breek ons die siklus tussen gasheer (volstruis), parasiet (virus) en omgewing (plaasopset)?" het Maartens gesê.
Dr. Adriaan Olivier van Klein Karoo International en die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer het die voorkoming van siektes by vol-struise en veral volstruiskuikens toegelig. In die afwesigheid van dr. John Grewar van Veeartseny Dienste, het hy ook gepraat oor die beweging van volstruise en die risiko wat dit inhou vir die verspreiding van die virus.
Prof. Ters Brand, Direktoraat: Dierewetenskappe (Elsenburg), was volgende aan die beurt met 'n lesing oor die optimalisering van voeding by volstruise vir ekonomiese volhoubaarheid. Volgens hom word heelwat navorsing gedoen op vol-struisvoer en hoe bespaar kan word.
Dr. Anel Engelbrecht, Direktoraat: Dierewetenskappe (Oudtshoorn), het interessante feite gegee oor hoe beter kwaliteit velle verseker kan word. Die skerp naels van volstruiskuikens bly die grootste oorsaak van krap- en skraapskade aan velle.
Prof. Schalk Cloete, Direktoraat: Dierewetenskappe (Elsenburg), het klem gelê op die oorerflikheidsfaktore wat eier- en kuikenproduksie beïnvloed.
Die inligtingsessie is afgesluit met 'n lesing oor die basiese bestuursbeginsels by kleinvee deur dr. Buks Olivier, Direktoraat: Dierewetenskappe (Elsenburg). Volgens hom is lammers die be-langrikste produk van kleinveeboerdery.

Sprekers tydens die inligtingsdag van links prof. Schalk Cloete, dr. Anel Engelbrecht, dr. Adriaan Olivier, dr. Ilse Trautmann, prof. Ters Brand, prof. Nick Vink en dr. Buks Olivier. Foto: Tisha Steyn
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo, Tuinroete nuus'