Die Mossel Bay Advertiser het 'n paar boere in die groter Mosselbaai-omgewing gevra hoe dit met hulle gaan.
Beeste skuif
Toe die Advertiser Marietjie Fourie bel, was haar man besig om beeste na beter weiding te skuif. Sy en haar man huur ekstra grond vir weiding maar koop ook voer aan. Hulle boer tussen Brandwag en Ruiterbos. Hulle het 'n melkery en 'n paar vleisbeeste.
Water aanry
"Mense moet water aanry vir hulle diere. Die damme is almal omtrent leeg. As jy 'n paar duisend liter aanry, moet jy die tyd, die koste van die water, plus die vervoer en petrol byreken."
"Dit was in 2009/10 laas so droog, maar toe was die hitte nie so erg nie. Dis baie warmer as in 2009/10."
Skape verkoop
Petra du Toit, wat twee plase in die Vleesbaai- en Kanon-area besit, beskryf die area as die "woestyn van Mosselbaai".
Belastingverligting vir boere
Die Mosselbaai-besigheidskamer se voorsitter Fanus Truter sê: "Die droogte het soos 'n dief in die nag gekom."
Geld nie gebruik nie
Vroeër vandeesmaand is in die Parlement gesê dat die toewysing van R381 miljoen vir droogtehulp "hopeloos te min" is. Daarom het die departement van plaaslike regering en tradisionele sake dit nie vir droogtehulp benut nie, berig Joylene van Wyk.