Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Lede van die Mercedes-Benz klub van Suid-Afrika het Maandag, 12 Februarie, gou 'n koffie kom drink op Mosselbaai voor hulle op 'n toer vertrek om die 70-jarige bestaan van die Mercedes-Benz 300SL Coupé-reeks te vier.
Volgens Waldo Scribante, president van die klub, het hulle na afloop van die George Ou Motorskou, wat 'n groot sukses vir Mercedes Benz was, die rit beplan om dié spesifieke model te vier.
Die spogmotors is vroegoggend voor Aeronautica geparkeer waar hulle na die masjiene gaan kyk het en om die draai by C&P Roastery 'n koffie gaan soek het.
Daarna het hulle vertrek na Bonnievale waar hulle vanaand sal oorslaap. Môre kom Agulhas, Kleinmond en Hermanus aan die beurt. Woensdag reis hulle na Somerset-Wes en dan terug na Franschoek.
VIDEO - Waldo Scribante van die Mercedes Benz Klub gesels met Mossel Bay Advertiser:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’