Saturday 14:06
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 17°
Mossel Bay
Die afgelope twee weke het daar reeds drie Sub antarktiese pelsrobbe (Arctocephalus tropicalis) op Mosselbaai se strande gelê en rus. Hierdie robbe kom voor in die Indiese, Stille en Atlantiese Oseaan en is kleiner as die ander pelsrobbe. S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team) versoek die publiek om hulle te kontak by 072 227 4715 indien robbe opgemerk word op rotse of strande en om op te let na die volgende:- Indien ‘n rob op die strand gevind word moet daar eerstens gekyk word of daar ernstige wonde is, bene uitsteek of selfs ingewande.- Indien nie, moet die rob asseblief met rus gelaat word. Hulle kan gevaarlik wees en n veilige afstand van ten minste vyf meter moet gehandhaaf word.Die publiek vra baie keer waarom die robbe nie terug see toe gejaag word nie maar opgepas word terwyl hulle in die warm son lê. Robbe is soogdiere, en in baie opsigte soos honde. Hulle “bly” nie in die see nie. Hulle kan dae lank op rotse of selfs strande lê en bak in die son. Hulle gaan slegs in die water in om te gaan jag. Robbe wat op strande lê moet ook nie gevoer of natgegooi word nie. Vir ‘n rob om buite die water te wees is netso alledaags soos n mens wat swem vir plesier en dan op die strand ontspan.
Mossel Bay Advertiser proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Mossel Bay Advertiser