Saturday 17:07
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 17°
Mossel Bay
Waar 'n rokie trek, is 'n vuurtjie. Vir 'n bosslaper was dit juis dié rokie van die vuur binne sy strandskuiling wat sy skuilplek verklap het. Bekommerde inwoners het die Da Gamaskop-polisie gekontak oor rook wat met tussenposes uit die bosse op Diasstrand naby De Bakke opgemerk is. Toe die polisie ondersoek instel, is op 'n volwaardige bosskuiling onder digte bosse teen die duin afgekom. Slegs een persoon is binne die skuiling aangetref en hierdie persoon is vir die besit van dagga gearresteer. Dit is egter nie duidelik of die persoon alleen in die skuiling gebly het nie. Mosselbaai se munisipale wetstoepassers het daarna die amper onbegonne taak gehad om die skuiling af te takel.
Mossel Bay Advertiser proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Mossel Bay Advertiser