MOSSELBAAI NUUS - Saksofoonspeler Andrew Young se optredes op Mosselbaai trek altyd 'n goeie gehoor en te oordeel aan dié internasionaal bekende kunstenaar se terugkeer na die dorp, bly hy nou maar een maal 'n treffer.
Young en pianis, Tony Drake het op Vrydag, 25 Februarie in die Dias Museum opgetree en so die Mosselbaai Kunstevereniging se eerste konsert vir die jaar aangebied.
Die gehoor het meegevoer gesit en luister na musiek uit Young se gunsteling flieks.
Volgende op die kunstevereniging se musiekspyskaart is die optrede van die Karlsruhe Konzert-Duo, bestaande uit pianis, Dagmar Hartmann en tjellis, Reinhard Armleder, op 17 Maart om 19:30.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'