VERMAAK NUUS - Die KKNK vier volgende jaar drie dekades van kuns, kultuur en feestelikheid en kunstenaars kan nou aansoek doen om hul talente by die fees ten toon te stel.
Die 30ste KKNK in die hartjie van die Klein Karoo op Oudtshoorn word van 28 Maart tot 4 April 2026 aangebied.
Alle kunstenaars, kreatiewe skeppers en denkers word uitgenooi om innoverende en kreatiewe aansoeke in te dien vir oorweging om deel te wees van die mylpaal-viering!
Volledige programriglyne, met inligting oor kriteria- en keuringsriglyne, teikenmark-inligting, ’n oorsig oor die KKNK se feesgangers, kontraktipes en ander belangrike inligting, is aanlyn beskikbaar.
Daar is ook ’n begrotingsraamwerk om jou aansoek te vergemaklik.
Slegs aanlynaansoeke, wat voor die sluitingsdatum van Maandag 14 Julie om middernag ingedien is, sal oorweeg word.
Klik hier vir al die detail en programaansoeke.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’