MOSSELBAAI NUUS - Die NG Kerk Brandwacht bied die naweek van 31 Augustus 'n feesnaweek aan. Die naweek skop die Vrydagaand, 31 Augustus af met 'n konsert deur die bekende sanger, Willem Botha. Die konsert begin stiptelik om 19:00 in die feestent op die kerkterrein. Die NG Kerk Brandwacht is ongeveer 11km buite Hartenbos op die Oudtshoornpad.
Soos gewoonlik beloof hierdie konsertaand om weer eens 'n baie lekker kuier aand vol vermaak te wees. Etes en wyn sal te koop aangebied word en gelukstrekkings sal gedoen word.
Kaartjies vir die Willem Botha-konsert is beskikbaar teen slegs R120 per persoon by die die pastorie (044 694 0013) en Roadlab Mosslab (044 695 2387).
Geen kaartjies sal by die deure beskikbaar wees nie.
Op Saterdag, 1 September vind die gemeentefees op dieselfde terrein plaas. Meer besonderhede oor Saterdag se verrigtinge sal binnekort in die Mossel Bay Advertiser gepubliseer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'