WILDERNIS NUUS - Die Wildernis Kunstefees sal vanjaar weer gedurende Oktober aangebied word.
Dié fees is nie net daarvoor bekend dat kunstenaars én hul kuns ten toon gestel word, maar ook vir lewendige musiek, boekbekendstellings, praatjies en demonstrasies.
Op Vrydag, 18 Oktober, sal die Night of 1 000 Drawings weer die fokuspunt van die fees wees.
Die fees lok jaarliks tussen 90 en 100 kunstenaars van regoor Suid-Afrika, en help om fondse vir nie-winsgewende organisasies (NWO's) in te samel.
Ná verlede jaar se Night of 1 000 Drawings, is meer as R35 000 aan die Sewe Passe Inisiatief geskenk.
Dié organisasie, is in Touwsranten en Wildernis Hoogte bedrywig en dra by tot sosiale en akademiese ontwikkeling en voedingskemas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’