KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Petronel Baard maak Saterdag, 10 Mei, by Salty River Beerhouse op Kleinbrak-Rivier musiek in die gees van Moedersdag, wat die volgende dag gevier word.
Geniet Liedere oor die oer - Spesiaal vir Moedersdag met Petronel en Francois Engelbrecht op klavier, Johan Engelbrecht op viool, perkussie en kitaar en Lelanè van der Merwe op tjello.
Petronel nooi: “Saam met sterre onder die heelal se uitspansel, godinne met kaal voete, lekker lag en baie mooi, kom gee die laatherfs ’n skemeruur-soen saam met ons.”
Die konsert begin om 18:00. Besprekings is noodsaaklik. Vir kaartjiekostes en besprekings, skakel Chris by 082 713 5082. Daar sal heerlike pizzas en boetiekdrankies te koop wees.
Petronel Baard, Johan Engelbrecht, Lelanè van der Merwe en Franco Engelbrecht.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’